Frans Steyn, Springbok rugbyspeler
(Foto bron: Getty Images)
Die veteraan-Springbok- en Cheetahs-rugbyspeler Frans Steyn het sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig.
Steyn het gesukkel met ‘n kniebesering wat hy vroeër die seisoen opgedoen het. Die dubbele Wêreldbeker-wenner het Dinsdagaand na sosiale media gedraai om hierdie aankondiging te maak.
“Dit was ‘n moeilike paar maande om totsiens te sê aan die sport wat my hele lewe was,” het Steyn gesê.
“In antwoord op die vele vrae wat ek in die gesig gestaar het sedert ek vroeër vanjaar ’n kniebesering opgedoen het, kondig ek hiermee my uittrede uit beroepsrugby aan.”
“Om eerlik te wees, dit is nie hoe ek verwag het die reis sal eindig nie. Elke speler wil op hul eie voorwaardes eindig, maar ek is gelukkig om hierdie sport so lank te speel en ek is ongelooflik dankbaar vir die reis wat ek gehad het. Ek het my alles daaraan gegee, en ek is nie spyt nie.”
“Ek het ‘n groot aantal mense regoor die wêreld om te bedank vir die ondersteuning deur die hoogte- en laagtepunte van my loopbaan. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die geleenthede, die vriendskap, die herinneringe en lesse wat rugby aan my gegee het. Ek sien uit na die volgende hoofstuk en die geleentheid om terug te gee aan die sport wat my alles gegee het. Dankie vir al die ondersteuning. Dit was ‘n massiewe eer,” het hy afgesluit.
Steyn het 78 toetse vir die Springbokke gespeel en 165 punte (insluitend 11 drieë) aangeteken. Hy was ‘n belangrike deel van die groepe wat die 2007 en 2019 Rugby Wêreldbeker gewen het.