Eben Etzebeth, Springbok rugbyspeler
(Foto bron: Gallo Images)
Die Springbokspan is geruk deur die afsterwe van die instaankaptein, Eben Etzebeth, se pa, Harry, vier dae voordat die slot die span teen Nieu-Seeland in die Rugbykampioenskap sal lei.
Die tragiese nuus is bevestig deur ‘n vriend van Etzebeth se pa, Gerhard Ras, wat die nuus op Facebook bekend gemaak het.
Volgens ’n IOL Sport-bron is Etzebeth op die oomblik “baie emosioneel”, maar die besluit bly by hom of hy die naweek gaan uitdraf vir die wedstryd.