Die Nasionale Hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya.
(Foto bron: GCIS)
Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Parlement gesê hulle kan nie bekend maak waar die 51 renosterhoringvoorraad wat vanjaar in Noordwes gesteel is, verkoop is nie. Die Valke sê die renosterhorings is na raming R9 miljoen werd op die swartmark.
Advokaat Lebeya sê weens die sensitiwiteit van die voortgesette ondersoeke sal die bekendmaking van meer besonderhede die Valke se ondersoek in gevaar stel. Nasionaal is daar in die eerste ses maande van vanjaar 231 renosters gestroop. Sowat 143 hiervan het in KwaZulu-Natal plaasgevind, grootliks by die Hluhluwe-iMfolozi-park.
Save the Rhino se Uitvoerende Hoof, Dr Jo Shaw sê dat baie renosterhorings steeds na Viëtnam verhandel word waar die gewildheid daarvan toeneem as ‘n statussimbool vir ryk mense.