Foto bron: Verskaf
Op 16 Februarie 2024 het Enaex Africa en Stellenbosch Universiteit (SU) ʼn vennootskap gevorm om Kunsmatige Intelligensie (KI, of Artificial Intelligence (AI)) en robotika in Afrika te bespoedig, terwyl plaaslike vaardighede en kundigheid in hierdie areas ontwikkel word.
Hierdie vennootskap het ten doel om die veiligheid van mynwerkers diep onder die grond te verbeter, terwyl daar ook nuwe opvoedkundige geleenthede geskep word om studente se vaardighede te verbeter. Met die vestiging van hierdie vennootskap het Enaex Africa ook ingestem om ʼn navorsingsleerstoel vir die ontwikkeling van KI en robotika in mynbou aan SU vir die volgende drie jaar te befonds.
Deur KI- en robotika-tegnologieë te integreer sal Enaex Africa se kernwaarde om tradisionele mynboumetodes meer menslik te maak, geïnisieer word deur die bekendstelling van outonome robotstelsels vir diep ondergrondse mynbou. Dit verwyder die nodigheid dat mense ondergrond werk en sal weer nuwe werksgeleenthede skep binne die mynbouproses a.g.v. die outonome stelsels.
Die samewerking met die robotika departement van SU plaas hierdie samewerking aan die voorpunt van impakvolle navorsing en ontwikkeling, met ʼn klem op veiligheid, volhoubaarheid en doeltreffendheid as gemeenskaplike en primêre doelwitte.
Die HUB (CEO) van Enaex Africa verduidelik dat in hulle strewe om die mynbedryf ʼn veiliger, meer doeltreffende en tegnologies-gevorderde sektor te maak, die samewerking met SU ʼn deurslaggewende stap is vir die mynbedryf. Hy sê verder hulle beweeg na outonome prosesse en KI, met KI wat deel uitmaak van hulle prosesse om sodoende koste te verminder, en veiligheid en doeltreffendheid te vergroot en energie te optimaliseer.
Dr Callen Fisher, Senior Lektor by die Departement Elektriese en Elektriese Ingenieurswese lig die kritiese aspek uit om studente se vaardighede op te bou binne hierdie inisiatief. Hy sê die sleutel tot hierdie inisiatief is die opbou van studente wat in staat is om robotika- en KI-stelsels te ontwikkel, se vaardighede. Hulle is aan die voorpunt van die ontwikkeling van innoverende oplossings vir die mynbedryf.
As deel van die samewerking, poog SU om die volgende generasie se talent te koester, wat ʼn groei sal aanmoedig in innovasie en volhoubaarheid vir robotika binne mynboupraktyke. Dr Fisher voeg by dat deur die volgende generasie se talent te koester beoog die SU om ʼn kultuur van innovasie en volhoubaarheid in robotika binne die mynboubedryf te vestig.
Hierdie strategiese vennootskap dui op ʼn beduidende stap in die rigting van die revolusie van die mynboubedryf, waar kundigheid uit die bedryf en akademiese kennis gekombineer word om uitdagings rondom veiligheid aan te spreek en om volhoubare innovasie te dryf.
Die samewerking tussen Enaex Africa en die SU toon ʼn verbintenis tot ontwikkelende tegnologie vir die bevordering van mynboupraktyke, wat ʼn veiliger en meer doeltreffende toekoms vir die bedryf verseker.