Foto bron: Verskaf
In Februarie 2024 het die Parlement die groen lig gegee aan die
Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse wat, sodra dit deur president Cyril
Ramaphosa in wet onderteken is, werkers wat vasbrand vir kontant sal toelaat
om vir die eerste keer toegang te verkry tot ‘n gedeelte van hul pensioenfondse
voor aftrede. Tog bring dit die volhoubaarheid van die land se aftreebedryf in
gevaar, aangesien fondse uit die stelsel kan stroom.
Eenvoudig verduidelik, sal hierdie wetsontwerp werkers in staat stel om toegang
tot ‘n derde van hul pensioenspaargeld ter enige tyd voor hulle aftree-ouderdom
bereik te bekom, terwyl die res onaangeraak sal bly tot aftrede. Daar word na
hierdie gereformeerde pensioenstelsel verwys as die tweepotstelsel. Die
hervorming se doel is om beter uitkomste vir afgetredenes te skep deur hoër
vlakke van spaargeld te bevorder en deur Suid-Afrikaners te ontmoedig om al hul
aftreespaargeld vroeg te onttrek, in die geval van aflegging of ander noodgevalle.
Dit sal vanaf 1 September 2024 geïmplementeer word.
Hoewel daar oor die algemeen saamgestem word dat daar tasbare voordele vir
werkers is – veral diegene wat onder die miljoene Suid-Afrikaners is wat tans in
skuld verdrink – is daar ook ’n beroep op versigtigheid.
Onder die stemme van versigtigheid is die Universiteit van KwaZulu-Natal
(UKZN) akademikus Dr Ntokozo Ndimande, wat die punt opper dat, hoewel dit ‘n
positiewe ontwikkeling is, dit noodsaaklik is dat die werkernemers hul geld
verstandig bestee om te verhoed dat die staat belas word in die toekoms. Hy
waarsku dat onverantwoordelike besteding ten alle koste vermy moet word, en
stel voor om skuld te vereffen of nuwe ondernemings te begin as redes waarom
die fondse toegang verkry kan word.
Coronation Group se Rael Bloom sê die vinnige vloed van geld uit die stelsel
sodra Suid-Afrikaners toegelaat word om uit hul “spaarpot” te onttrek, is een van
die grootste risiko’s verbonde aan die implementering van die grootste
aftreehervorming in Suid-Afrikaanse geskiedenis. In reële terme beteken dit dat
pensioenfondsbestuurders minder kapitaal sal hê om te belê, om ‘n opbrengs op
belegging vir bydraers te genereer – wat dus minder kans sal hê om te
kapitaliseer op die uitwerking van saamgestelde opbrengste.
Hierdie versigtige benadering is goed gegrond in die lig van die jongste Sanlam
Benchmark Survey-bevindinge, wat toon dat minder as 10% van afgetredenes
dieselfde lewenstandaard kan handhaaf wat hulle geniet het voor hulle aftrede –
‘n skrikwekkende statistiek.
Frans Cloete, uitvoerende hoof van Skuldhulp, stem saam en sê hoewel die
tweepot-aftreestelsel Suid-Afrikaners wat tot die land se pensioenfondsstelsel
bydra, groot verligting van skuld kan bied of om ‘n finansiële noodgeval te
bestuur. “Hoe jy ook al daarna kyk, sal daar ‘n verminderde
pensioenfondsuitbetaling ná aftree-ouderdom wees,” voeg hy by.
Hy wys op die risiko’s en implikasies van hierdie opsie in terme van die
handhawing van bydraers deur hul aftrede. “Die meeste Suid-Afrikaners kan
reeds nie genoeg geld wegsit om hulle deur hul goue jare te onderhou nie. Om ‘n
volle derde van hul aftreefonds voor aftree-ouderdom te onttrek, sal hul
portefeulje aansienlik verklein – wat die saamgestelde rente daarna ernstig
beïnvloed – wat hulle in latere jare met baie minder laat om mee te oorleef,” sê
hy.
Die jongste basislynopname het bevind dat 46% van volwassenes geneig is om
huidige besteding bo besparing vir hul toekoms te prioritiseer – en hierin lê die
werklike gevaar. “Om die onttrekkingsopsie as ‘n bron van likiditeit en befondsing
gedurende moeilike tye te benader – en dit is inderdaad moeilike tye – kan heel
moontlik al die jare van spaar vir die aftreejare ongedaan maak, en werkers baie
meer afhanklik maak van ‘n staatspensioen of hul familielede. Ek doen ‘n beroep
op Suid-Afrikaners om selfbeheersing aan die dag te lê wanneer hulle hierdie
opsie oorweeg,” waarsku Cloete.
Cloete sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners die tyd neem om hulself in te lig
oor die nuwe wetgewing, sodat hulle ‘n ingeligte besluit kan neem wanneer hulle
hul eenmalige onttrekking maak – as hulle besluit om hierdie opsie op te
oorweeg.
‘n Onlangse Debt Rescue-opname toon dat 51% van Suid-Afrikaners ‘n sterk
begrip het van aftreespaaropsies, soos pensioenfondse, uittree-annuïteite en
voorsorgfondse. Wat befondsingsmeganismes betref, was persoonlike spaargeld
(28%) en pensioene wat deur die werkgewer voorsien word (24%) die mees
algemene middele vir toekomstige aftreebefondsing. Dit is bemoedigend dat
effens meer as die helfte van die respondente wat ondervra is (51%) een of
ander vorm van plan of annuïteit in plek het. Toe deelnemers egter gevra is oor
hul vertroue in dat hul aftreespaargeld voldoende is vir ‘n gemaklike leefstyl, was
40% glad nie selfversekerd nie, terwyl slegs 24% uiters selfversekerd was. ‘n
Volle 59% van die mense wat ondervra is, het erken dat hulle heeltemal onvoorbereid is,
geen spaargeld of plan vir aftrede het nie, terwyl slegs 4% gevoel het hulle is heeltemal
gereed vir aftrede.
Hy wys op die skuldlas waaronder miljoene Suid-Afrikaners tans buig. “Teen die
einde van 2023 het Suid-Afrikaanse huishoudings byna R2 triljoen se uitstaande
skuld gehad, met R25,8 miljard in wanbetaling. Dit is te verstane dat die vroeë
onttrekkingsopsie uit die aftreefonds ‘n moontlike korttermynoplossing vir hul
finansiële verknorsing bied. Dit moet egter op een of ander manier versag word
om te verseker dat daar genoeg geld in die fonds is, kom aftree-ouderdom,”
maan hy.
Cloete wys ander gevare van die onttrekkingsopsie aan bydraers uit, asook idees
oor hoe om die enkelbedrag verstandig te belê om sodoende ‘n inkomste te skep
om die verminderde pensioenfondsuitbetaling aan te vul – veral omdat dit nodig
is om werkers deur hul goue jare.
Sodra jou skuld afgehandel is, belê die res van jou een-derde gedeelte in
‘n spaarfonds wat rente oor die oorblywende jare sal opbou. Raadpleeg ‘n
finansiële adviseur wat jou kan lei oor hoe om ‘n slim belegging te maak –
maak nie saak hoe klein nie – wat jou kan help om jou geld te laat groei.
“My raad aan Suid-Afrikaners wat nog geld kan wegsit vir ‘n aftreefonds – of deur
hul werkgewersfonds – is om die groot prentjie in gedagte te hou. As jy, soos so
baie werkende Suid-Afrikaners, in skuld verdrink weens die toenemende
lewenskostekrisis, en toegang tot ’n gedeelte van jou pensioenfonds moet kry
bloot om kop bo water te hou, doen dit net as ’n sorgvuldig oorweegde laaste
uitweg. ” raai Cloete aan.
“My aanbeveling aan diegene wat met skuld sukkel en nie in staat is om geld
weg te sit vir ‘n spaarplan of om by te dra tot ‘n pensioenfonds nie, is om hulp te
soek deur skuldberading, waar ‘n geregistreerde skuldberader jou kan help om
jou finansiële verknorsing te bestuur . Dit is nooit te vroeg om hulp te vra nie,”
sluit Cloete af.