Skrywer: GroundUp

Deur Joseph Chirume (GroundUp) Die gemeenskap van Motherwell in Gqeberha het die 15-jarige Zenizole Vena Saterdag begrawe.Sy is op 21 September by die Motherwell-polisiestasie dood nadat sy veelvuldige aanvalle (seizures) gehad het. Sy is vier dae lank verkrag en as gyselaar aangehou.Die gemeenskap het ook die sluiting van die plaaslike NU11-kliniek gedwing ná berigte dat personeel na bewering Zenizole na die polisiestasie gestuur het eerder as om haar vir waarnemings aan te hou. Die provinsiale gesondheidsdepartement ondersoek die saak. Die gemeenskap van Motherwell in Gqeberha, Oos-Kaap, het die 15-jarige Zenizole Vena Saterdag begrawe. Dit kom omdat die kliniek in NU11…

Read More
Hof

Deur Tania Broughton (GroundUp) Die konstitusionele hof het ’n hooggeregshofbevel bekragtig wat dele van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel ongrondwetlik verklaar.’n Meer “kindgesentreerde” benadering moet gevolg word om kinders uit die strafregstelsel te hou.Diegene wat reeds skuldig bevind is, kan aansoek doen dat hul kriminele rekords geskrap word.Dekriminalisering sal slegs van toepassing wees op dagga en nie ander onwettige middels nie. Die konstitusionele hof het ’n hooggeregshofbevel bekragtig wat dele van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel as ongrondwetlik verklaar omdat dit die gebruik en besit van dagga deur ’n kind kriminaliseer. Die hof het die bevel vir 24…

Read More

Deur Siphokazi Mnyobe (GroundUp) ’n Vyfjarige seuntjie van Kranshoek in Plettenbergbaai is dood nadat hy Saterdag by ’n sportstadion doodgeskok is.Sy familie wil hê die Bitou-munisipaliteit moet aanspreeklik gehou word omdat hulle nie ’n elektriese boks reggemaak het wat gevandaliseer is nie.Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval. ’n Dag van feesvieringe het vir die Jacobs-gesin van Kranshoek in Plettenbergbaai in trane geëindig nadat die vyfjarige Bradlin dood is toe hy en sy vriende Saterdag deur elektriese kabels geskok is. Die Jacobs-gesin beskuldig amptenare by die Bitou-munisipaliteit van nalatigheid omdat hulle nie gevandaliseerde kabels by die plaaslike stadion reggemaak…

Read More
Hof

Deur Tania Broughton (GroundUp) ’n Vyfjarige seun het ernstige breinskade en verlamming opgedoen nadat hy deur ‘n burgemeester se lyfwagte geskiet is. Mnquma Munisipaliteit is aanspreeklik bevind vir skadevergoeding nadat ’n kind getref is deur ’n dwaalkoeël wat deur die burgemeester se lyfwag afgevuur is.Die lyfwag was van diens af en het beweer hy beskerm sy vriend wat aangeval word, maar die hof het beslis hy het nalatig opgetree.Die vyfjarige het erge breinskade en verlamming opgedoen. Mnquma Munisipaliteit in die Oos-Kaap is aanspreeklik om skadevergoeding te betaal aan die familie van ’n vyfjarige, wat ernstig beseer is nadat hy deur…

Read More

Deur Mosima Rafapa (GroundUp) Klasse is by Laerskool Fred Magardie in Eersterust, Pretoria, hervat ná byna twee weke van betogings deur ouers en gemeenskapslede. Hulle beskuldig die Gautengse onderwysdepartement daarvan dat hulle ’n blinde oog draai oor bewerings teen die adjunkhoof. Ouers beweer ook dat gevalle van seksuele teistering, lyfstraf en swak gehalte van onderwys by die skool geïgnoreer is. Ouers het vroeër vandeesmaand die ingang van die skool versper om onderwysers en leerders te verhoed om in te gaan totdat amptenare van die distrikskantoor aandag oor hul klagtes gee. Die ouers het aan GroundUp gesê die twee onderwysers is…

Read More

Deur Yamkela Mopeli (GroundUp) Drie verpleegsters is in Harrismith in hegtenis geneem, omdat hulle in besit was van medikasie wat van die staat gesteel is.Hulle het na bewering ’n onwettige private kliniek bedryf.Een van die verpleegsters is die bestuurder van die vervalle Intabazwe-plaaslike kliniek. Gemeenskapslede van Intabazwe in die Vrystaat het hul skok uitgespreek nadat hulle verneem het dat die plaaslike kliniekbestuurder saam met twee ander verpleegsters in hegtenis geneem is. Mary Mosia en die twee ander verpleegsters het op 15 September in die Harrismith-landdroshof verskyn. Hulle is op waarskuwing vrygelaat. Hulle sal op 2 November 2022 ’n tweede hofverskyning…

Read More

Deur Chris Gilili (GroundUp) Staatsdienswerkers het Dinsdag buite die kantore van die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) in Tshwane opgetree en gedreig om te staak. Loongesprekke met die regering het die afgelope drie weke nog geen sukses opgelewer nie.Lede van die vakbondfederasie Saftu eis ‘n basislynverhoging van 8% terwyl die regering 3% aanbied, teenoor ’n aanvanklike 2%. Peter Ntsime, wat al 29 jaar as polisiebeampte werk, sê hy verdien R18 000 per maand, R7 000 ná aftrekkings en het vir twee jaar geen verhoging gehad nie. Hy het gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vul nie vakante poste nie en werkers…

Read More

Deur Kimberly Mutandiro (Groundp) Gemeenskapslede het verlede Vrydag Geluksdal Sekondêre Skool gesluit.Ouers en leerders sê daar is rasgebaseerde bendes by die skool en geen dissipline nie.Die provinsiale onderwysdepartement sê hy het berigte van gevegte tussen leerders, maar geen rassebewerings nie. Geluksdal Sekondêre Skool in Ekurhuleni het Maandag gesluit gebly nadat ouers en gemeenskapslede die skool Vrydag gesluit het. Hulle eis dat die skoolhoof en ’n skoolbeheerraadslid afgedank word omdat hulle versuim het om dissipline te handhaaf en die skool wanbestuur. Dit volg op weke van toenemende spanning in die skool oor bewerings van swak dissipline, dwelmmisbruik en rasgebaseerde bendegevegte. Verlede…

Read More

Deur Mkhuseli Sizani (GroundUp) ’n Taxibestuurder is dood en sy passasiers is ernstig beseer toe sy motor teen ’n stormwaterpyp gebots het wat deur betogers as versperring gebruik is.Inwoners van die informele nedersetting in Westville betoog en eis 6 500 huise wat sewe jaar gelede aan hulle belowe is.Inwoners het die betoging stopgesit nadat hulle met Eugene Johnson, burgemeester van Nelson Mandelabaai, gepraat het. ’n 64-jarige taxibestuurder is dood en twee passasiers het ernstige beserings opgedoen toe hul voertuig in ’n stormwaterpyp vasgery het wat as ’n versperring gebruik is in ’n behuisingsprotesaksie in Gqeberha. Die botsing met die groot,…

Read More

Deur Chris Gilili (GroundUp) Verskeie Gauteng-leerders van Soshanguve Tegniese Hoërskool het ’n unieke sonkrag-trein gebou.Met inagneming van die land se energiekrisis en stygende brandstofkoste, het hulle in 2020 aan die lokomotief begin werk.Die trein word deur ’n sonpaneel aangedryf, het kragsokke en ’n TV-skerm. Dit loop tans teen 30 kilometer per uur.Harde werk en opoffering het vrugte afgewerp vir verskeie leerders van Soshanguve Tegniese Hoërskool van motorspesialisasie. Hulle het ’n unieke sonkrag-treinlokomotief ontwerp en gebou. Die naam Modjadji, vernoem na die Reënkoningin van die mense van Limpopo, is blou en wit, met spieëls, veërs, matte en genoeg spasie binne vir…

Read More