Woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys (WKOD), Bronagh Hammond, het in ‘n verklaring bevestig dat dit nie meer verpligtend is om ‘n masker in hierdie provinsie se skole te dra nie, nadat die omstrede regulasies gisteraand herroep is.
Daar sal van geen leerlinge of personeellede verwag word om van vandag af maskers in klaskamers te dra nie.
‘n Verklaring lui: “Leerders, opvoeders en personeellede word nie meer verplig om ‘n masker in skole te dra nie. Sou ‘n leerder, opvoeder of personeellid egter om gesondheidsredes ‘n masker wil aanhou, kan hulle voortgaan om dit te doen.”