GroundUp berig dat ’n hofuitspraak die weg gebaan het vir ’n onderwyser om die departement van onderwys in Mpumalanga vir R8 miljoen te dagvaar vir die verlies aan inkomste en skadevergoeding, nadat hy in sy klaskamer deur ’n leerder aangerand is.
Die voorval het in 2018 plaasgevind, toe ‘n onderwyser gebreekte ribbes en beserings aan sy kop en oë opgedoen het, nadat hy opmerkings gemaak het oor die leerder se ma wat onlangs in ‘n motorongeluk gesterf het.
Die onderwyser het daarna by die skool bedank, as gevolg van posttraumatiese stresversteuring.
‘n Video van die voorval is op televisie uitgesaai. Die onderwyser beweer dat die departement ‘n plig gehad het om hom te beskerm en te ondersteun ná die aanval.