Mias van Jaarsveld (Kerkbode):
Tydens die predikantepaneel van 2022 is dominees uitgevra oor die impak van Covid-19 op hulle en hulle gemeente:
- Onder andere het 74% van predikante gesê dat daar ’n toenemende behoefte is aan pastorale versorging in hulle gemeente.
- Sowat 64% meen dat die pandemie weer die noodsaak van ’n profetiese stem beklemtoon het. Amper 65% van gemeentes se lidmate dra steeds getrou by en neem graag deel aan die gemeente se diensaksies; wat goed is …
- Want 78% van predikante meen dat daar nou ’n groter fokus op barmhartigheid in die gemeente en in die gemeenskap is.
- Hoewel daar ’n afname in in-persoon erediensbywoning was, het 70% van gemeentes opgemerk dat daar ’n sterk toename is in hulle aanlyn erediensbywoning in 2022 is.
Digitaliteit het ons bediening oorgeneem: Ongeveer 61% van gemeentes meen dat hulle elektroniese bydraes vergroot het, 71% van gemeentes se kommunikasie word nou slegs elektronies versprei, en ongeveer 58% dominees meen dat kontak met lidmate nou grotendeels foonlangs of digitaal plaasvind.