Deur Ilette Coetzer (LiG)
“Ek het dit glad nie verwag nie.”
James Daly, ’n landbouchemiese verteenwoordiger in die Douglas-omgewing in Noord-Kaapland, sê ’n mens dink nie kanker sal regtig oor jou pad kom nie. Maar toe gebeur dit met hom. Drie keer.
James sê hy het aangeneem dit kom van ’n harde stamp teen die fiets se stuurstang en het hom aanvanklik nie veel daaraan gesteur nie.
‘Ek het onmiddellik geweet iets is fout’
Dit het hom egter begin pla as hy fietsgery het, en tydens ’n Mighty Men-konferensie vyf jaar gelede het hy een van sy doktersvriende, Hennie Pretorius, gevra om gou daarna te kyk. Hennie se raad was: “As dit jou pla, sny dit uit.” Terug in Douglas het James se huisdokter ’n biopsie gedoen en sy het bevestig dat dit wel kwaadaardig is. James vertel: “Dr Tiana Lourens het my gebel en gevra dat Melenie saamkom spreekkamer toe. Ek het onmiddellik geweet iets is fout.”
Klik hier om meer te lees op LiG se webtuiste.
Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier gedeel.