Deur Conette Le Roux (LiG)
“Ons laai ons laerskoolkinders by die skool af en neem aan dat hulle net soveel emosioneel gaan leer as akademies. Ons skrik eers wakker wanneer ons tieners na dwelms gryp, of selfdoodneigings openbaar – en dan is die skade reeds gedoen,” vertel Milan Murray.
Verlies, prestasiedruk en die uitwerking van sosiale media. Voeg daarby die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd angs- en depressiesimptome by kinders jonger as 18 jaar byna verdriedubbel het.
Dit is die wêreld waarin ons kinders hulle deesdae bevind.
Beskik hulle oor die vaardighede om dit alles te hanteer? En, indien nie, hoe gaan hulle dit aanleer? Twee mense het besluit om hulle, en hul ouers en onderwysers en terapeute, daadwerklik daarmee te help.
Die bekende aktrise en deesdae ook kinderboekskrywer Milan Murray van Melkbosstrand het sowat drie jaar gelede agtergekom dat haar twee kinders, albei toe in die laerskool, emosionele ondersteuning nodig het. Veral haar dogter, wat met disleksie gediagnoseer is. Ses maande se navorsing later, en Milan bring The My Story Tribe-platform tot stand, met die uitgesproke doelstelling om laerskoolleerders te help om emosioneel veerkragtig te wees.
Klik hier om meer op LiG se webtuiste te lees.
Dié berig is oorspronklik deur LiG gepubliseer en met vergunning hier geplaas.