Deur Helene Meissenheimer (Kerkbode)
“Dit is onaanvaarbaar dat die mediadekking wat die NG Kerk kry net gaan oor die gay-debat, dominees wat ophou glo en CMR-Noord.”
Só sê die ekonoom prof Jannie Rossouw, ’n jarelange NG lidmaat by Stellastraat in Pretoria. Hy wil sien dat die kerk self inisiatief neem om hierdie narratief in die media te verander.
“Regtig vrinne, ons kan nie langer hier bly nie. Dit is nie die verhaal van die NG Kerk waar ek tuis is nie. Dit is nie die NG Kerk waar ek ’n lidmaat is nie … as dit die narratief van die NG Kerk in die media is, dan moet ons dit … in onsself vind om daardie narratief te verander.”
Rossouw, in ’n swart pak met sy kenmerkende strikdas om die nek is een van verskeie kundiges wat hierdie week die 300 sinodegangers kom toespreek by die Bosveld-saamtrek van die NG Kerk se Noordelike Sinodesitting met die tema ‘Wysheid in ’n tyd soos hierdie’.
Lees meer op Kerkbode se webtuiste hieronder:
Die berig is oorspronklik op Kerkbode se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.