Deur Martjie Roos (LiG)
“Toe ek op hoërskool in Bloemfontein was, het ek uit die koshuis geglip wanneer ek my huiswerk moes doen. Dan het die onderwysers geweet om my op die rugbyveld te gaan haal.”
Só vertel Neil Powell, hoogs suksesvolle afrigter van die Blitsbokke, en een van die bekendste gesigte in die wêreld van sewesrugby. Rugby was van altyd af ’n passie, vertel dié boorling van Windhoek in Namibië. “Kleintyd het ek daarvan gedroom om vir die Springbokke te speel, maar dis toe nooit bewaarheid nie.”
Hy sou nooit kon dink dat hy ooit ’n afrigter op die hoogste vlak sou word nie. “Ek is te veel van ’n introvert,” sê Neil. “Ek het in my jonger dae gedink: Mense maak my moeg; ek hou meer van diere. Ek wou dus eerder gaan boer. “Maar die Here het ander planne vir my gehad. Hy het gou vir my gewys my planne is nie sy planne nie.”
Klik hier om meer op LiG se webtuiste te lees.
Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.