Hierdie tyd van die jaar voel ons almal ʼn bietjie uitgebrand.
Die einde van die jaar is amper hier. Tog voel die vakansie só ver!
Elke dag voel asof dit verby sleep en die naweke is te vinnig verby. En steeds is daar so baie dinge wat gedoen moet word. Dis werklik ʼn uitdagende tyd van die jaar.
Voel jy ook so? Jy is nie die enigste een nie! Die moeilikste deel van enige wedloop is daardie entjie net voor die eindstreep. Dis nou die tyd om jou siel bietjie te voed. Wonder jy hoe?
Hier is vyf maniere om die einde-van-die-jaar-moegheid te oorkom:
- Reflekteer op alles wat jy reeds hierdie jaar bereik het
- Moenie jouself te kritiseer vir alles wat jy nie gedoen het nie
- Heroorweeg aspekte van jou leefstyl soos jou gesondheid en slaaproetine
- Gee jouself kans om asem te haal na ʼn lang jaar
- Lees ʼn boek of twee wat jou goed sal laat voel
- Reflekteer op wat jy bereik het
Sit ʼn halfuur opsy en dink na oor die goeie dinge wat hierdie jaar gebeur het.
Het jy ʼn nuwe werk gekry? Skuld afbetaal? Uiteindelik tyd gemaak vir jou stokperdjies? ʼn Goeie daad vir iemand gedoen?
Dis maklik om vas te steek by al die groot doelwitte wat mens najaag. Soms vergeet jy egter van al die klein dingetjies wat jy reggekry het. Maak ʼn lys van alles wat jy bereik het en waarop jy trots is. Onthou: die lewe is nie ʼn wedloop nie!
- Moenie jouself kritiseer nie
Dis oukei as dinge nie presies verloop het soos jy dit beplan het nie.
Wees gaaf teenoor jouself. Vermy self-kritiese gedagtes. Om negatief te wees help net mooi niks nie. Fokus eerder jou energie op alles wat jy reggekry het hierdie jaar. Dit sal jou siel goed doen.
- Kyk weer ʼn slag mooi na jou gesondheid
Eet jy gereeld genoeg? Kry jy ʼn goeie nagrus?
Hierdie tyd van die jaar is moeilik. Daarom is dit juis belangrik om na jou gesondheid om te sien.. Dit sluit jou geestelike gesondheid ook in!
Maak tyd vir jouself om te rus en te ontspan. Drink ʼn glas water en sit vir ʼn halfuur in die buitelug. Wanneer jy luister na jou liggaam se behoeftes sal jy beter voel.
- Haal asem!
Ja, daar is ʼn klompie dinge wat nog gedoen moet word voor Kersfees. Maar elke mens kort ʼn blaaskans!. Probeer om net vir twee minute stil te word en diep asem te haal. Ontspan jou spiere en neem ʼn bietjie van ʼn pouse voor jy weer volstoom aangaan.
- Lees boeke wat jou goed sal laat voel
Het jy al die gesegde gehoor “jy is wat jy eet”? Dieselfde is waar van jou siel. Jy voel soos die dinge waarop jy jou tyd spandeer. Te veel werk, verantwoordelikhede of drama sal jou moeg en uitgebrand laat voel.
Doen jouself ʼn guns en lees iets lig en hoopvol! Voed jou siel met inspirasie. Daarvoor het ons vier boeke wat jou sommer nuut sal laat voel:
Ligvoets: Vir harte sonder heinings;deur Fourie Rossouw Dit is asof Fourie se skryfwerk op papier eindig, maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ʼn sonsopkoms.Geniet hierdie keur van rubrieke deur ʼn knap skrywer, storieverteller en predikant. Kyk na hierdie boek! | My hart se baie puntedeur Lizette Murray Mag hierdie bundel jou vars en nuut laat kyk, soos ʼn kind. Sodat jy jou kan verlustig in die klein dingetjies, en met eenvoud na die lewe kan kyk. Kom geniet hierdie alledaagse stories saam met ons! Kyk na hierdie boek! |
Die alfabet van oorvloeddeur Lizette Murray Skink ʼn koppie tee en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou laat baai in sy liefdesoorvloed. Kyk na hierdie boek! | Jy sal oukei weesdeur Milanie Vosloo Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp Milanie Vosloo lig op die kuns om ons geloof te lééf. Om stil te raak en te weet … God is hier en dat jy oukei sal wees. Kyk na hierdie boek! |
Laastens: moenie moed opgee nie! Die einde van die jaar is in sig. Kry vir jou ʼn boek om jou op te kikker en sit jou beste voet voor in 2023.