Deur Conette Le Roux
Die oomblik toe die sewejarige Leja haar lewelose sussie vir haar ma Marné Faure aangee, het sy gedink iemand skeer die gek met haar.
Marné vertel: “Leja het hierdie lewelose liggaampie in my arms gelos. Sy het nie asemgehaal nie, haar mondjie was reeds blou en groot opgeswel van al die water wat sy gesluk het. Op daardie oomblik het alles so onwerklik gevoel. Hou iemand ons vir die gek?
“Ons het dan pas gehoor hoe iemand anders ’n verskriklike storie vertel van ’n kind wat verdrink het – hoe gebeur dit dan nou met óns?”
’n Nagmerrie-agtermiddag
Oomblikke voor dié ondervinding het Marné en haar man Swys na ’n televisieprogram gekyk en daar gehoor hoe die oud-Springbok Jannie du Plessis oor sy seuntjie se tragiese verdrinking gesels. Net daarna moes hulle, die Faure-gesin van die Strand, byna dieselfde soort nagmerrie deurmaak.
Die berig is oorspronkllik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.