“Die enigste ding wat my krag gee en my toelaat om my kinders suksesvol groot te maak in armoede is gebed.”
Só vertel die 41-jarige Emily Punze, ’n sekuriteitswag van Potchefstroom, wat drie biologiese én twee pleegseuns as enkelma grootmaak. Emily se eerste man is oorlede en haar tweede huwelik was moeilik. Haar laaste man het haar later vir ’n ander vrou verlaat.
Maar dié vrou volhard. “Om op te gee is nie ’n opsie nie. Ná baie swaarkry is ek steeds alive and kicking. Ek wil graag goed doen vir my kinders,” sê Emily.
Lees meer op LiG se webtuiste hier.
Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gelees en met vergunning hier geplaas.