Athol Trollip, ActionSA se Provinsiale Voorsitter in die Oos-Kaap, sê die betreurenswaardige toestand van die skole in die Oos-Kaap het weer die lewe van ’n onskuldige driejarige geëis.
ActionSA het verneem dat ’n driejarige kind in ’n puttoilet in Lady Frere, in die Cacadu-distrik van die Oos-Kaap, verdrink het.
“ActionSA het by verskeie geleenthede die feit verwerp dat leerders in meer as 1 000 skole in die Oos-Kaap steeds gedwing word om ’n puttoilet te gebruik om hulself te verlig. By hierdie ongelukkige geleentheid het ’n kleuter haar lewe verloor weens die onverklaarbare bestaan van puttoilette ondanks die voortdurende onderbesteding van die departement van onderwys. Diegene aan die stuur van die regering van die Oos-Kaap behoort hul koppe in skaamte te sak vir hul gebrek aan sorg,” meen Trollip.
“Onderwysers wat die taak gehad het, het nie net die opvoeding van hierdie jong meisie nie, maar ook haar ouers gefaal. Na wat verneem word, is die lewelose liggaam van die jong meisie Dinsdag gevind, die dag nadat sy laas deur haar klasmaats gesien is op pad na die puttoilet om iets te gaan haal. Hierdie soort nalatigheid kan nooit in skole geduld word nie, veral nie in laerskole nie.”
Almal wat verantwoordelik was vir haar veiligheid, insluitend die regering, moet volgens AcionSA kollektiewe verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie onnodige en vermybare dood.
“Ons moenie vra vir die uitwissing van puttoilette 29 jaar in die nuwe demokrasie nie en 6 jaar na die sogenaamde New Dawn nie.”
Vir drie agtereenvolgende jare het die Oos-Kaapse regering onbestede toelaegeld verbeur wat bedoel is vir die bou en verbetering van die infrastruktuur van skole in die provinsie, veral ablusiegeriewe.
ActionSA sal alle moontlikhede ondersoek om die regering aanspreeklik te hou vir hierdie voorval en hulle tot die sperdatum te hou om puttoilette uit die gesig van die Oos-Kaap uit te roei.
LET WEL: Volgens die SAPD is die meisie 3-jaar oud, maar volgens ActionSA is die meisie 3-jaar oud.