Twee leerders van Ncedisizwe Senior Sekondêre Skool in die Cebe-dorpie in Centane in die Oos-Kaap het vanmiddag na skool verdrink nadat hulle probeer het om ’n oorstroomde brug oor te steek.
“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kan bevestig dat ’n geregtelike doodsondersoek geopen is vir ondersoek na twee leerders by die Cebe-brug in Centane verdrink het,” het brigadier Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, aan AfriNUUS bevestig.
Die polisie is na die toneel ontbied en met hul aankoms is hulle ingelig dat die twee lewelose liggame van ’n 15-jarige seun en ’n 19-jarige meisie deur die gemeenskapslede gevind is.
Die ander vier leerders, wat ook die brug probeer oorsteek het, is deur die gemeenskapslede gered. Hulle was almal op pad terug huistoe van die skool af toe die voorval plaasgevind het.