Die Raad op arbeidsverhoudinge in die onderwys (RAO) het ’n onderwyser in Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 14-jarige leerling met spesiale behoeftes in 2021 seksueel geteister het, vrygespreek. Dit is glo “eenvoudig te problematies en onveilig om op staat te maak”.
Die onderwyser is daarvan beskuldig dat hy ’n graad 4-leerling aan die Robin Hill Spesiale Skool in 2021 seksueel aangerand het. Die kind het egter erge intellektuele gestremdhede.
Die onderwyser is sedert April 2014 ’n onderwyser by die skool. Daar word beweer dat hy gedurende 2021 ’n leerder by die Robinhill Spesiale Skool seksueel aangerand het.
Luidens die klagstaat het die onderwyser gedurende 2021 die leerder na bewering seksuesl aangerand deur om sy penis in haar vagina in te druk, en/of aan haar bobeen/en of boude te raak, en of haar vagina en borste met sy hande te vryf.
“Dit is verder bekend dat die leerder tans 15-jaar oud is en ’n leerder met ernstige intellektuele gestremdhede met ’n IK-telling van minder as 50 het,” sê RAVO se advokaat DP van Tonder.
Van Tonder het gesê die leerling is ook gevra of die onderwyser sy penis uitgehaal het.
“Sy het geantwoord dat hy dit gedoen het en dat hy dit in haar vagina ingedruk het,” het van Tonder gesê. “Sy kan nie lees en skryf nie en weet nie haar geboortedatum nie.”
Die onderwyser ontken dat hy die leerder seksueel aangerand het soos beweer in die klagstaat. Hy betwis dat hy haar ooit op enige manier aangeraak het.
“Tydens haar getuienis het sy getuig dat die onderwyser eendag terwyl sy saam met twee maats in haar klas was, ontevrede was oor die feit dat sy ’n blom op haar hand geteken het. Die onderwyser sê toe vir haar dat sy saam met hom moet kom en dat hy haar na ’n onderwyseres sal neem oor die tekening op haar hand.
“Hulle twee is toe na die klaskamer van die onderwyseres.
“Nadat hulle die klaskamer van die onderwyseres verlaat het, wou sy toilet toe gaan om te urineer. Sy het die toilet binnegegaan en die onderwyser het haar in die toilethokkie gevolg. Daar het hy met sy hande aan haar vagina geraak. Later die dag het sy uit haar vagina begin bloei. Op die vraag of sy voor daardie dag menstruasie gekry het, het sy teenstrydige weergawes gegee. Uiteindelik was haar antwoord dat sy nie weet of sy voor daardie dag menstruasie gekry het nie,” sê Van Tonder.
“Sy het getuig dat sy na die voorval nie dadelik na die klaskamer teruggekeer het nie maar wegkruipertjie gespeel het. Sy het ontken dat ’n medeleerder haar by die toilette kom soek het. Tydens haar getuienis het sy getuig dat sy later die dag vir haar vriende gesê het dat die onderwyser aan haar geraak het. Toe sy by die huis aankom, wou haar voog weet hoekom sy uit haar vagina bloei. Sy het toe vir haar voog gesê dat die onderwyser aan haar geraak het. Haar voog het haar toe terug skool toe geneem om by die skoolhoof te kla. Tydens kruisondervraging het sy ontken dat sy die leerlinge van die beweerde voorval vertel het.”
Sy het getuig dat sy reeds voor hierdie voorval nie van die onderwyser gehou het nie. Die rede hiervoor is dat hy hulle lyfstraf gee en hy gooi boeke rond in die klas en vloek in die klas.
“’n Mediese dokter het getuig hy het die leerder ongeveer een maand ná die beweerde voorval ondersoek toe sy na bewering seksueel aangerand is. Die bewering soos aan hom gerapporteer was dat ’n opvoeder sy penis in haar vagina ingesit het. Weens die feit dat die ondersoek so lank na die beweerde voorval plaasgevind het, was dit nie meer moontlik om uit ’n mediese oogpunt te bepaal of ‘n penis in haar vagina ingedruk is of nie.
“Hy het verder getuig dat dit nie moontlik is vir ’n kind om te begin menstrueer weens die feit dat ’n penis in die vagina geplaas is nie. Hy het ook getuig dat hy nie sou dink dat daar swaar bloeding uit die vagina sou wees bloot omdat ’n penis in die vagina ingedruk is nie, maar dat hy geen feitlike bevindings in hierdie verband kan maak nie.”
“Die onderwyser het getuig dat hy nie die leerder seksueel aangerand het op die wyse wat sy beskryf het of op enige ander wyse nie. Hy het getuig dat sy ’n reputasie het om valse bewerings teen ander te maak, en dat haar voog en die skoolhoof almal bewus is van hierdie neigings. Hy het verskeie voorbeelde genoem van voorvalle waar sy uitgevang is waar sy vals bewerings teen ander gemaak het.
“Hy het getuig dat ’n medeleerder op die dag van die beweerde voorval gekla het dat die leerder ’n blom op haar hand geteken het. Hierdie blom het vir hom gelyk of dit deel kon wees van die kenteken van een van die bendes. Hy het toe vir die leerder gevra om hom na ’n onderwyseres te vergesel. Die onderwyserers het toe vir die leerder opdrag gegee om haar hande te gaan was.
“Op pad terug na die klaskamer het hulle verby die toilette gestap en hy het vir die leerder gesê sy moet haar hande gaan was om die blom te verwyder. Die leerder het volgens hom alleen die badkamer binnegegaan en hy is terug na sy klaskamer. Hy het nie die badkamer binnegegaan nie. Toe die leerder na ’n ruk nog nie terug in die klaskamer was nie, het hy vir ’n medeleerder gevra om haar te gaan soek. Die leerder wou nie na haar gaan soek nie. Hy het ’n onderwyser gevra om te kyk of die leerder nie in die toilette is nie.
“Toe die onderwyser nie die leerder kon kry nie het hy vir ’n ander onderwyser gaan vra of hy nie die leerder sien nie, maar die onderwyer het haar ook nie gesien nie. Die onderwyser het verder getuig dat hy toe geglo het dat die leerder weer wegkruipertjie speel.
“Toe die leerder uiteindelik terugkom wou hy weet hoekom sy so laat is en haar antwoord was daar is nie water nie en sy moet gaan water soek. Sy het ook genoem dat sy na ’n ander onderwyser gegaan het.
Die eerste keer toe hy gehoor het van die beskuldigings teen hom deur die leerder, is toe die SAPD hom op 9 November 2021 in hegtenis geneem het. Hy is vir 48 ure in aanhouding gehou. Op 1 November 2022 is die strafregtelike klagte teen hom in die streekhof teruggetrek.
In die beoordeling van die getuienis het Van Tonder gesê: “Ek is bedag daarop dat die getuienis van die meeste getuies en veral kindergetuies, en meer spesifiek kinders met ernstige intellektuele gestremdhede, teenstrydighede sal bevat wat verband hou met perifere kwessies wanneer hulle getuienis lewer.
“Dit op sigself het oor die algemeen nie ’n uitwerking op hul geloofwaardigheid en betroubaarheid nie. Maar wanneer die teenstrydighede verband hou met die kernbesonderhede van die bewerings, word dit meer problematies, veral in die lig van die omsigtigheidsreëls waarna ek verwys het.”
Van Tonder het bygevoeg dat van al die bewerings teen die onderwyser, die bewering dat hy die leerling met sy penis gepenetreer het, die ernstigste was.
Van Tonder het die leerling se getuienis “problematies en onbetroubaar” gevind.
“Die getuienis van die voog oor hierdie aspekte van die bloeding uit die leerder se vagina kan dus ook nie gesien word as stawing vir ’n bewering dat die leerder op ’n ander wyse verkrag of seksueel aangerand kon word nie.”
Hy het gesê hy kon nie die leerling se getuienis betroubaar vind nie.
“Dit was eenvoudig te problematies en onveilig om op staat te maak. Ek is bewus van al die aspekte wat ek ten gunste van die leerder in ag moet neem wanneer ek haar getuienis evalueer gegewe die feit dat sy ’n kind met ernstige intellektuele gestremdhede is,” het Van Tonder gesê.
“My bevinding is dat die leerder nie daarin geslaag het om die skuld van die onderwyser op enige van hierdie bewerings soos vervat in die klagstaat op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys nie. Die onderwyser word dus op alle aanklagte vrygespreek.”