Dit is weer tyd vir GROOT feesvier.
Elke jaar is die AiG-konserte ‘n hoogtepunt op die kalender. Wat hierdie konserte só spesiaal maak is nie nét die uitsonderlike optredes, massa gehoorlede, verhoog-elemente en asemrowende oomblikke nie, maar die GROOT Afrikaanse familie-reünie wat AiG geword het.
Afrikaanse mense kom van heinde en ver om saam met 80 000 Afrikaanse familielede, op die maat van GROOT kunstenaars se musiek, hulle moedertaal te vier.
By vanjaar se konsert sal jy vir Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Riaan Benadé, Riana Nel, Jay, Ricus Nel, Appel, Jo Black, Karlien van Jaarsveld, Dodo Nyoka, Ruhan du Toit en Corlea op die verhoog sien. Julle kan natuurlik ook weer na groot verrassings uitsien.
Konserte vind plaas op die volgende datums en tye:
- 24 November om 19:00
- 25 November om 13:00
- 25 November om 19:00
- 26 November om 12:00
- 1 Desember om 19:00
- 2 Desember om 13:00
- 2 Desember om 19:00
- 3 Desember om 12:00
Met trots aangebied deur die wonderlike borge Virseker, Laeveld Agrochem, Belgravia Gin, Lift Airlines, City Lodge Hotel Group, Etv en Buffelsfontein Bandewyn.
Moet nie vanjaar die geleentheid misloop om deel van hierdie ongelooflike belewenis te wees nie, want… Afrikaans is GROOT.