Die Covenant School, ’n privaat Christelike laerskool in Nashville, Tennessee, het Maandag die plek geword van die jongste massaskietery in die VSA, toe ’n 28-jarige oudleerling met ’n aanvalswapen losgebrand het en drie kinders en drie volwassenes doodgemaak het voordat hy deur die polisie doodgeskiet is.
Die motief was nie bekend nie, maar die verdagte het gedetailleerde kaarte van die skool, insluitend toegangspunte vir die gebou geteken en ’n “manifes” en ander geskrifte agtergelaat wat ondersoekers besig was om te ondersoek, het polisiehoof John Drake aan verslaggewers gesê.
Drake het die verdagte geïdentifiseer as Audrey Elizabeth Hale (28), ’n inwoner van die Nashville-omgewing, en het met vroulike voornaamwoorde na die aanvaller verwys.
Die hoof het gesê die verdagte word as transgender geïdentifiseer, maar het geen verdere duidelikheid verskaf nie.
Owerhede het die slagoffers geïdentifiseer as die 9-jarige Evelyn Dieckhaus, Hallie Scruggs en William Kinney, die 61-jarige Cynthia Peak, die 60-jarige Katherine Koonce en die 61-jarige Mike Hill. Al die volwassenes het by die skool gewerk.
Die volgende video is deur die owerhede bekendgestel: