DStv se SuperSport gaan nie meer die wêreld se gewildste binnelandse kriekettoernooi – die Indiese Premierliga (IPL) – uitsaai nie.
Die uitsaaier het Donderdag in ’n verklaring gesê samesprekings met die IPL-uitsaairegtehouer was onsuksesvol, en SuperSport sal dus nie die toernooi vanaf 2023 uitsaai nie.
Die aankondiging kom net enkele dae voor die 2023 IPL-seisoen begin.