Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het vandag gedurende ’n nuuskonferensie gesê tot dusver is daar vyf mense in hegtenis geneem in verband met die Thabo Bester-tronkontsnapping, insluitend Bester en Magudumana, en een persoon wat ondervra word.
Makgothi Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het bevestig dat Bester onder 24/7-waarneming geplaas word.
Nandipha Magudumana sal vandag haar eerste verskyning in die hof in Bloemfontein maak, sê Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste.
Die aanklagte wat teen Magudumana aanhangig gemaak is, sal hulp aan ontsnapping wees, moord weens ‘n aantal liggame wat betrokke is, skending van dooie liggame en bedrog.
Bester is in die Kgosi Mampuru se maksimum sekuriteitsafdeling in Pretoria, bekend as C-Max, geplaas vir sy veiligheid.
KYK DIE INLIGTINGSESSIE HIER: