Julie Goodness (38) is laas gesien op Maandag 24 April om 07:45 in Bellevuestraat, Higgovale, Kaapstad.
Volgens die Houtbaai gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) stap sy gereeld roetes en kan dalk iewers op ‘n berg wees.
“Die Kaukasiese Amerikaanse vrou is ongeveer 1,6 m lank, weeg ongeveer 50 kg met donkerbruin hare en blou/donder oë. Haar hare word gewoonlik in ’n poniestert gedra en sy praat met ’n Amerikaanse aksent.”
Goodness is laas gesien met ’n pers/pienk langmou sporttop, blou jeans en kleurvolle tekkies met pienkerige sole en ’n groot swart, oorgroot baadjie met ’n seiltas wat wit van kleur is.
Enige persoon met inligting word versoek om ao Jean-Pierre Toua van die Kaapstad-polisiestasie by 061 441 0530 te kontak.
LEES OOK: