Die GOOD Nasionale Bestuurskomitee het besluit om twee senior partylede, mnr Shaun August en me Felicity Klazen, uit die party te skors.
August het die party as sy nasionale organiseerder en ’n lid van die Wes-Kaapse wetgewer verteenwoordig, terwyl Klazen ’n raadslid en die onderburgemeester in die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap was.
Hul skorsing volg op jaarlange ondersoek- en dissiplinêre prosesse wat deur onafhanklike professionele persone uitgevoer is in die nasleep van ’n onverwagse swak prestasie in ’n tussenverkiesing verlede jaar in Witzenberg.
Die verlies, in ’n wyk waarin GOOD verwag het om uit te blink, verteenwoordig die party se eerste verkiesingsterugslag sedert dit in 2019 gestig is, en ’n paar maande later setels in die Nasionale Vergadering en Wes-Kaapse wetgewer gewen. Sowat 50 GOOD raadslede is daarna verkies om munisipaliteite regoor die land te bedien.
Die Witzenberg-terugslag is vinnig opgevolg deur klagtes wat van GOOD-lede ontvang is oor Klazen en August se optrede, en ’n reeks negatiewe berigte is in die media gepubliseer. Die situasie het duidelik beslissende optrede deur die party genoodsaak.
GOOD het ’n noukeurige pad gevolg om regverdige en behoorlike proses te verseker. Onafhanklike professionele ondersoekers is aangestel, wie se soektog na bewyse hulle oor die Wes-Kaap gelei het, na twee buurprovinsies.
Toe die ondersoek einde verlede jaar afgehandel is, het GOOD se leierskap die bewerings van wangedrag na formele dissiplinêre verhore verwys.
Afsonderlike dissiplinêre prosesse is in August en Klazen se beweerde wandade uitgevoer na die aanstelling van ’n onafhanklike Voorsitter, ’n advokaat, in ooreenstemming met die GOOD Grondwet. Die sake is deur ’n onafhanklike prokureur vervolg. Beide Klazen en August is deur prokureurs verteenwoordig en het die geleentheid gekry om getuienis te lewer, getuies te roep en argumente oor sanksies aan te voer.
Die verhore het tot die gevolgtrekking gekom dat die lede hulle aan ernstige wangedrag skuldig gemaak het en GOOD se reputasie in oneer gebring het.
Klazen is uit partyaktiwiteite geskors hangende die uitslag van haar interne appèl, terwyl August vyf werksdae het om aan te dui of hy van plan is om te appelleer.
Daar is bevind dat August die Party se Gedragskode (Skandelike Gedrag), asook die Wet op Befondsing van Politieke Party, oortree het.
Uit respek vir die prosesse, betrokkenes en hul families, het GOOD die afgelope jaar daarvan weerhou om kommentaar te lewer op beweerde bewyse, vals feite en gerugte wat in die media gepubliseer is. Dit is opmerklik dat sommige van die gepubliseerde inligting slegs van een van Klazen of August kon gekom het.
“Die moeite wat die party gedoen het om die integriteit van die Klazen- en August-ondersoek- en dissiplinêre prosesse te verseker, het aansienlike finansiële koste meegebring.
“Die uitkomste toon duidelik dat GOOD al sy lede, ongeag senioriteit, ewe verantwoordelik hou vir die handhawing van die beweging se integriteit. Ons weet nie of enige ander politieke partye in die land hierdie aanspraak kan maak nie,” lui ’n verklaring.
LEES OOK: