AfriNUUS het vroeër berig dat ’n 13-jarige seun van ’n laerskool in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap na bewering gedurende ’n graad 7-skoolkamp in Februarie by ’n Oudtshoorn-oord deur drie medeleerders seksueel aangerand is.
Gevolglik is ’n klag van verkragting by die SAPD in Oudtshoorn geopen, terwyl drie leerders, almal tussen die ouderdomme van 12 jaar en 13 jaar, voorlopig geskors is tot ’n dissiplinêre verhoor plaasgevind het.
’n Dissiplinêre verhoor het reeds plaasgevind, maar die finale verslag word vertraag aangesien dit tans skoolvakansie is.
“Die finale besluit was dat alle ouers tot ’n vriendskaplike ooreenkoms oor die aangeleentheid gekom het. Opleidings is vir al die seuns aanbeveel, insluitend berading, opleiding en ook ondersteuningsprogramme,” het Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, Dinsdag by navraag aan AfriNUUS bevestig.
“Die finale uitslag sal op die eerste dag wat skool begin (op 12 April) by die departement ingedien word.”
LEES OOK: