“Ek is bekend as die besope student wat op Babalo se besittings geürineer het,” vertel Theuns du Toit in ’n eksklusiewe onderhoud met AfriNUUS. “My onverantwoordelike optrede deur heeltemal te veel te drink definieer egter nie wie ek is nie.”
Du Toit vertel dat hy nie veel van die aand onthou nie, maar in persoon vir Babalo verskoning gevra het.
“Ek is nie ’n rassis nie en was nog nooit een nie. En ten spyte van wat mense nou sê, sal ek nooit ’n rassis wees nie. Hoe kan ek myself verdedig teen ’n magtige universiteit en politieke organisasies wat net maklik “’n rassis kan skree?”, vertel du Toit.
Jy kan die volledige video-onderhoud hieronder kyk:
Die geskorste Universiteit Stellenbosch-student Theuns du Toit (20), wat in ’n video-opname vasgevang is waar hy in die Huis Marais-manskoshuis op die besittings van Babalo Ndwayana (21), ’n medestudent, “in sy dronkenskap” geürineer het op Sondag 15 Mei, het hofstukke aan die Universiteit Stellenbosch laasmaand beteken, waarin hy aanvoer aan die sentrale dissiplinêre komitee wat hom skuldig bevind het, dat ‘daar ’n voorbeeld van hom gemaak is’.
Hy gaan hom tot die hooggeregshof in Kaapstad wend in ’n poging om sy bevinding aan rassisme om te keer, en sy skorsing ter syde te stel.
Sondag het sy pa Rudi du Toit, op die Geregtigheid vir Theuns-Facebook groep gesê dat sy seun se optrede een van die redes is dat “die universiteit beplan om Huis Marais, Dagbreek, Helshoogte en Huis Visser vir vroue oop te stel,” ’n gevolg is van die instellling van die omstrede Khampepe-verslag is. Die DA is sterk gekamp teen dié spesiale kommissie se verslag.
LEES OOK: US: Vrouestudente moontlik vanaf volgende jaar in manskoshuise akkommodeer
’n Hele paar van Theuns se vriende wat hom goed ken, het briewe ter ondersteuning van hom geskryf waarin hulle bevestig het dat hy nog nooit ’n rassis was nie en dat hy nooit onderskeid tussen mense getref het op grond van hulle velkleur nie.


LEES OOK: US-koshuise gaan groter aantal vrouestudente akkommodeer, bevestig die universiteit
’n Regsfonds ter ondersteuning van du Toit, wat tans bykans R200 000 ingesamel het, sal sy regskostes dek. Die volgende besonderhede is met ons gedeel.
- ????????????????: CAPITEC
- ????????????????????????????????????????????????: SPAARREKENING
- ????????????????????????????????????????????????: GVTSTELL
- ????????????????????????????????????????????????????????: 2078529660
- ????????????????????????????: 470010
Lees AfriNUUS se vorige twee onlangse berigte oor Theuns du Toit hieronder: